Lekker Yoga

vir lekker mense...

soos jy!

Eenvoudige, goed-voel yoga vir ieder en elk.

Hoe wil jy saam speel?

Jy kan Lekker Yoga op 'n paar verskillende maniere ervaar.

YOUTUBE

Jy kan op jou eie kies en keur deur ons gratis yoga sessies op YouTube.

STUDIO

Kom oefen saam in 'n klein, gesellige studio in Nelspruit. Klasse is 60 minute, toeganklik en geskik vir beginners.

ZOOM

Private, online yoga sessies net vir jou!

Ek beplan 'n unieke program vir jou behoeftes.

Probeer dit gou!

Het jy 5 minute? Hier is Lekker Yoga Vir 'n Besige Dag.

'n Bietjie meer oor my

Hallo! Ek's Elani,

Ek deel yoga omdat ek weet dit help mense om weer gemaklik en tuis te voel in hul liggame.

Vir my gaan yoga nie oor indrukwekkende houdings of prestasie nie. Dit gaan oor eenvoudige beweging, goeie asemhaling, en om jou senuweestelsel kans te gee om te ontspan.

Ek is 'n gekwalifiseerde yoga instrukteer, 'n Breathwork Coach en TRE (Tension & Trauma Release Exercises) fasiliteerder.

In hierdie lewe kry ons net een lyf - kom ons versorg en geniet dit!

Hier's dit

LEKKER

Beginner‑vriendelik

By die huis

Op jou eie tyd

Kies waarop jy wil fokus

Kom ons doen ietsie saam...

Het jy 'n korporatiewe span?

'n Spesiale geleenteid?

Soek jy 'n verskoning om jou maats bymekaar to kry?

Reël 'n privaat yoga sessie, werkswinkel, retreat of 'n praatjie oor asemhaling, stresbestuur en senuweestelsel‑regulering!

Hierdie sessies kan aanlyn of in persoon geniet word.

Ons hoor graag van jou!

Whatsapp

Instagram

Facebook

Copyright Easy Being 2026. All rights reserved